
=====================================================================
'Interessante tye' vra innovasie (AV 5:5)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'Interessante tye' vra innovasie

Thys Human gee sy positiewe siening oor die toekoms.

'DIT kan vandag nie beter gaan met Afrikaansdepartemente in Suid-Afrika nie."

Ek kan my net voorstel hoe lig die wenkbroue by die lees van s 'n openingsin. By talle lesers bestaan daar deesdae die verwagting dat 
enige bespreking oor die akademiese toekoms van Afrikaans deur sinisme en swartgalligheid gekenmerk moet word. "Bevestig die sluiting van 
die Departement Afrikaans by die Universiteit van Venda nie ons mees pessimistiese voorspellings nie? Wat van die afname in die aantal 
studente wat Afrikaans as vak neem? Watter werksvooruitsigte bestaan daar vir iemand wat vandag in Afrikaans studeer?", hoor jy al 'n koor 
doemprofete vra.

Ander, wat di stelling effens verskillend interpreteer, voel dalk dat dit die mees gepaste inleiding vir s 'n artikel is. Volgens hulle 
moet diegene wat hulle met die doseer van Afrikaans besig hou, besef dat die vak se dae getel is en dat dit van nou af daarmee by 
universiteite net slegter kan gaan. Vir hulle l die voortbestaan van die taal veel eerder in die hande van sy sprekers. Hlle sal die wa 
deur die drif moet trek. Di versekering stem my egter nie te opgewonde nie.

Alhoewel tong-in-die-kies, illustreer eersgenoemde stelling dat selfs onskynlik "goeie" nuus oor die posisie van Afrikaans by 
universiteite deesdae met 'n deeglike skeut skeptisisme bejen word. Daarom sal ek in my verslag oor ons prestasies en toekomsplanne by die 
Departement Afrikaans aan die Randse Afrikaanse Universiteit nugter en beskeie bly.

Natuurlik bevind ons ons in 'n soortgelyke bootjie as ander Afrikaansdepartemente in die land. Ja, ons studentetalle het die afgelope paar 
jaar afgeneem; ja, Afrikaans is nie meer 'n vak wat amptelik beskerming geniet nie; en ja, die beroepsmoontlikhede van die vak word 
toenemend bevraagteken. Maar van 'n sinkende skip is daar by RAU geen sprake nie. Inteendeel. Lank laas was daar soveel kreatiewe energie, 
innoverende toekomsplanne en blink idees. Ons is sekerlik een van die min departemente wat die afgelope jaar nie minder nie as vier nuwe 
personeellede bygekry het. En met nuwe asems kom nuwe perspektiewe en planne.

Die groot verskeidenheid nuwe kurrikulre en buite-kurrikulre kursusse wat tans aangebied en vir volgende jaar in die vooruitsig gestel 
word, is dus eerder die gevolg van interne veranderinge as verbete pogings om by eksterne realiteite aan te pas.

Die interessantste insig is die besef dat talle nuwe behoeftes ten opsigte van praktiese (kommunikasie)vaardighede in Afrikaans by studente 
bestaan. Dit is veral di behoeftes waarin ons deur ons nuwe pasklaar kursusse vir skrywers, onderwysers, regstudente, toekomstige ekonome, 
ingenieurs en kommunikasiekundiges probeer voorsien.

'n Kursus waarop die Departement besonder trots is, is Kreatiewe Afrikaans, wat soos 'n skryfskool werk. Deur gebruik te maak van ons eie 
personeel en ander kreatiewe hande soos P.G. du Plessis, Alexander Strachan, Jeanette Ferreira, Joan Kruger, Madelet du Plessis, Johan Roux 
en Stephan Bouwer (om maar net 'n paar te noem) word enigeen met 'n aktiewe regterbrein ingelig oor wat kreatiwiteit is en watter kreatiewe 
moontlikhede daar in 'n taal soos Afrikaans opgesluit l. Studente maak kennis met kreatiewe aspekte van uiteenlopende dissiplines soos 
posie, prosa, kinder- en jeugliteratuur, reklame, verslaggewing, draaiboeke, vertaling en teksversorging, deur self 'n skeppende inset te 
lewer. Kreatiewe Afrikaans het ook al sigbare dividende gelewer. Tessa Louw se kortverhaal Die blokman is onlangs in Litera (Literator) 
gepubliseer.

N die inlywing van die Taaldiens by die Departement Afrikaans in Januarie 1998 beskik ons nou nie net oor ons eie taalversorgingsdiens 
nie, maar ook oor twee splinternuwe spesialiteitskursusse vir studente in die fakulteite Ekonomiese en Bestuurswetenskappe 
(Sakekommunikasie) en Ingenieurswese (Ingenieurskommunikasie). Hierdie kursusse is daarop gemik om studente se kommunikasievaardighede in 
Afrikaans te verbeter en hulle in staat te stel om 'n formele voorlegging aan 'n paneel beoordelaars, waaronder lede van Deloitte & Touche, 
voor te dra.

Volgende jaar word ook 'n voorgraadse dienskursus vir Kommunikasieleerstudente in die lewe geroep. Die oogmerk van hierdie kursus is om 
studente se skryf-, gespreks- en begripsvaardighede in kommunikasieverwante dissiplines te verskerp.

Afrikaansonderwysers is nog 'n baie belangrike teikenmark vir die departement, en verskeie buite-kurrikulre kursusse is ontwerp met juis 
hulle behoeftes in gedagte.

Die Verdere Diploma in Onderwys (Afrikaanse Taal- en Teksbegeleiding) is vanjaar vir die vierde agtereenvolgende jaar deur ons Departement 
aangebied. Dit was aanvanklik net 'n hulpkursus vir leerkragte uit tradisioneel swart skole wat Afrikaans aanbied, maar daar het nou 'n 
aantal eerstetaalsprekers van Afrikaans bygekom. Die kursus is die afgelope drie jaar ten volle geakkrediteer by die Departement van 
Onderwys. Vanjaar het ongeveer 67 studente die kursus bygewoon en baie baat gevind daarby.

Vir onderwysers en ander belangstellendes wat ingelig wil word oor onlangse ontwikkelings in die vak Afrikaans, word 'n eendaagse 
sertifikaatkursus, Afrikaans in die Wending, aangebied. Tydens agt 40-minute voordragte op 'n Saterdag word 'n oorsig oor onder andere die 
volgende temas gegee: Die Afrikaanse posie, prosa en drama in die 1990's, moderne Afrikaanse kritiek en resensies, belangrike literre 
strominge, uitkomsgerigte onderwys en nuwe ontwikkelinge in die taalkunde en kognitiewe linguistiek.

In samewerking met die Departement Linguistiek en Literatuurwetenskap word 'n eendagbywoningskursus, getiteld Afrikaanse Taal- en 
Teksversorging, aangebied vir enigeen wat dokumente moet opstel of tik, artikels moet skryf, of studente wat skripsies, verhandelinge of 
proefskrifte persklaar moet maak. Aandag word gewy aan taalversorging en proeflees, spelrels wat dikwels probleme veroorsaak, 
bronverwysings en elektroniese uitleg en versorging.

Nuwe planne is egter nie net ten opsigte van bogenoemde buite-kurrikulre kursusse beraam nie. Ook ons voorgraadse kursusse neem volgende 
jaar 'n splinternuwe gedaante aan. In plaas van die tradisionele onderskeid tussen prosa, posie en drama, vind voorgraadse 
literatuurstudie in bepaalde modules plaas, waaronder populre fiksie, psigoanalise en die lees van literatuur, sprokies, mites, ideologie, 
gender-studie en semiotiek. Dit plaas die vak dadelik in 'n veel brer kulturele konteks.

Hoewel die hoofdoel is om studie in Afrikaans so prakties, relevant en kontekstueel as moontlik te hou, word akademiese verantwoordbaarheid 
geensins ingeboet nie. Studente word ywerig aangemoedig om selfstandige navorsing te doen. Vier van ons honneursstudente het op die pas 
afgelope ALV-kongres op Mtunzini referate saam met studente van ander universiteite gelewer. Die referaat van Manie Maritz is deur 'n 
paneel beoordelaars as die beste studentereferaat aangewys, waarvoor hy 'n boekprys van Tafelberg ontvang het.

Daar is 'n Chinese vloek wat s: "Mag jy in interessante tye leef." Hierdie woorde kon net sowel vr ons Departement geskryf gewees het. 
Tog is snelle veranderinge nie vir ons 'n "vloek" nie, maar 'n uitdaging en die geleentheid om toenemend kreatief en innoverend te dink. 
Dit het lank gelede "beter" gegaan met die Departement Afrikaans by RAU.   Mnr. Thys Human is dosent aan die Departement Afrikaans by die 
RAU.

Terug na bo

UNIVERSITEITE

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5519.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1998 /// Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig (AV 5:5) 
/// Oor vryheid en onvryheid (AV 5:5) /// Nederlandse boeke in Suid-Afrika (AV 5:5) /// Wie sal die verlossende woord spreek? (AV 5:5) /// 
Toonvenster van talent (AV 5:5) /// Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou (AV 5:5) /// 'n Nuwe Afrikaanse webwerf (AV 5:5) /// 
Gehalteprodukte verdien sente (AV 5:5) /// Europese studie-ervaring is binne bereik (AV 5:5) /// Kroniek van twee gesprekke (AV 5:5) /// 
Die wel en wee van Afrikaans se statusprys (AV 5:5) /// Ons sing in Afrikaans! (AV 5:5) /// 'Aitjiebul' speel met taal (AV 5:5) /// 
Vrouekrag in die Suid-Kaap (AV 5:5) /// 'n Gees van fees in die lug (AV 5:5) /// 'n Skrywersoog op Kersfees (AV 5:5) /// Stel die land en 
al sy mense sentraal (AV 5:5) /// Slaan 'n slag vir Afrikaans (AV 5:5) /// 'Interessante tye' vra innovasie (AV 5:5) /// Veeltaligheid is 
'n bron van kennis (AV 5:5) /// 'n 'Oulap' se stories laat die taal vonkel (AV 5:5) /// Sport en sports vir joernaliste in Londen (AV 5:5) 
/// Ek en die lytest geneuk (AV 5:5) ///

